By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Idees
KAROOSTORIES • Hierdie plaashuis in die Groot-Karoo is met sorg gerestoureer en spog nou met ‘n wonderlike mengsel van patrone, nostalgie en kreatiwiteit. Elke klein detail vertel ‘n mooi verhaal.
MOOI IN EENVOUD • Al reis jy net deur die Karoo of gaan hou daar vakansie, is daar maklike maniere om die mooi van dié geliefde streek in jou huïs in te bring.
DIE OOP SEE • Binne laat dié droomverlore huisie op ‘n Kaapse kusdorp jou aan streepsuiker-lekkergoed dink, maar daar is ook ‘n lang dek met ‘n uitsig oor die oseaan. Die perfekte balans tussen vrolik en funksioneel.
AHOOI! • Versier jou huis om heeljaar soos vakansie te voel.
VROLIKE VISSE • Stik verskillende vissiekussings, hetsy uit mooi lap of ‘n gedrukte foto, en maak selfs ‘n sleutelring.
BLY KOEL • Hekel díé mooi top vir die strand en om koel te bly op díe warm somerdae.
BLOUSTE BLOU • Dra lug, water en koel briesies saam met jou deur die somer in dié oulike klein sakkie, net groot genoeg vir jou spesiale goedjies.
TERUG OP REIS • Koester jou vakansieherinneringe met elke bladsy van ‘n reisjoernaal. Ons wys jou hoe jy joune kan maak en wat om daarin te sit.
BLOM-KALENDER • Versier jou lessenaar met hierdie oulike kalender en maak sommer seker jy vergeet nooit weer ‘n verjaardag nie.
PAPIER, MY DIER • Met net sny-, embosseer- en steekwerk het ons pragtige, amper driedimensionele kunswerke uit papier geskep wat in enige huis sal bekoor.
KLEIN, MAAR KLAAR • Pak kleiner projekte aan en sif deur die oormaat van idees op sosiale media as jy wil keer dat te veel onvoltooide projekte jou pootjie en skuldig laat voel, skryf Martie Swanepoel.
TURKSE GEURFEES • HIERDIE GESONDE TURKS-GEÏNSPIREERDE SPYSKAART IS BOORDENS TOE VOL VARS BESTANDDELE EN HELDER KLEURE-DIE PERFEKTE KEUSE AS JY HIERDIE VAKANSIE WIL ONTHAAL.
VIR DIE SLAAITAFEL
KITS-IDEES • Wanneer jy met dié soort spyskaart onthaal, kan jy alles gelyktydig op die tafel uitpak sodat die gaste self kan skep wat hulle wil hê. Sit ‘n verskeidenheid slaaie en doopsouse voor en kies dan een of twee proteïengeregte om dit aan te vul. Sluit verskillende kleure en teksture in, en sit baie brood daarmee saam voor.
‘N TAFEL WAAR JY TUIS VOEL • ‘n Tafel waar herinneringe gemaak word, kan regtig voel soos ‘n plek waar jy behóórt.
PRENTJIE-TEËLS • Ruim tyd in om dié koekies wat soos Portugese azulejo-teëls lyk, te maak. Voel die kalmte met elke patroon wat jy spuit, en dan die opwinding wanneer jy jou skeppings teetafel toe neem.
GOOI JOU KREATIEWE FLIKKERS • Jy wéét jy voel stukke beter nadat jy ‘n rukkie aan iets kreatiefs gewerk het, maar weet jy hoekom? Bridget McNulty verken die wetenskap agter glimmers - daai vonkies vreugde in die lewe - en deel ‘n paar kreatiewe voorbeelde. Met die toestemming om heelwat meer tyd aan ons stokperdjies af te staan.
OP JOU LEESLYS
JUL IDEES • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto's is welkom.